doctors

VOORDELE VIR VERWYSINGS

Baie dankie vir jou lojale ondersteuning van Focus on Health die afgelope aantal jare. Ons waardeer dit BAIE!

Ons gee nou vir ‘n beperkte tyd vir ons mees lojale lede eerste die geleentheid om hulle CPD gratis te doen deur nuwe lede na ons te verwys.

Wanneer jy in die toekoms iemand na ons toe verwys, maak seker dat ons kennis neem dat jy die verwysing gedoen het. Vir elke 15-punt CPD-lid (SDR, tandarts-assistant, ambulans-assistant) wat jy verwys kry jy R50.00 krediet. Vir elke 30-punt CPD-lid (radiografis, tandarts, spesialis, algemene praktisyn, sielkundige, fisioterapeut, biokinetikus) wat jy verwys ontvang jy R100.00 krediet. Indien jy ‘n radioloog verwys, ontvang jy R125.00 krediet.

Jy ontvang hierdie krediet solank as wat daardie persoon lid is van Focus en Health en sy rekening op datum is. Deur in te teken op ons aanlyn platform sal jy ook kan sien wie jy almal verwys het. Tussen 6 – 12 verwysings sal dus verseker dat jou CPD gratis is.

Jy het oor die afgelope aantal jare waarskynlik reeds verwysings gedoen. Baie dankie daarvoor. Dit is egter nou eers vir ons moontlik om ‘n inisiatief soos hierdie administratief suksesvol te hanteer.

Ons glo in ons harte dat CPD gratis kan wees en hierdie is net een van die inisiatiewe wat ons neem om dit moontlik te maak. Sien hierdie ook as ‘n langer termyn plan van aksie vir jou.

Al verwys jy net twee persone per jaar, kan jy nog steeds uiteindelik jou CPD gratis doen.

Vanaf 1 Augustus 2015 sal hierdie inisiatief aan al ons lede gebied word.

Gerieflikheidshalwe sluit ons skakels in na aansoekvorms vir lidmaatskap van al die beroepe vir wie ons CPD aanbied.

Vir enige verdere navrae epos ons gerus op (safocus@iafrica.com) OF kontak ons gedurende kantoor ure (012-653 2394 / 0133)

Groete
Die FoH-span